Die voorkeur keuse vir Korttermyn Versekeringmakelaars

Nuusbrokkies

11 Oktober 2016

Die onderstaande berig het op 11 Oktober 2016 in Die Vryburger verskyn en mag nuttig wees vir Woonwa eienaars.

Woowaslepers vereis ander Lisensie

Talle motoriste wat woonwaens sleep, kan moontlik 'n onaangename verrassing kry sou daar 'n eis ontstaan by versekeraars.

Mnr George Davis van RBS (Risk Benefit Solutions), wys daarop dat sodra 'n karavaan of enigiets anders bo 750 kg gesleep word, 'n kode EB lisensie daarvoor benodig word. 'n Gewone kode B lisensie, wat die mees algemene bestuurderslisensie is, laat motoriste slegs toe om sleepwaens ligter as 750 kg te sleep.

Versekeraars het bestuurders daarop gewys dat hul 'n probleem kan kry sou hul 'n eis indien in geval van 'n ongeluk waarin 'n woonwa betrokke was en hul nie die regte bestuurderslisensie besit nie.