Die voorkeur keuse vir Korttermyn Versekeringmakelaars

Tuis

Kasfin (Eiendoms) Beperk is ’n gemagtigde finansiële diensteverskaffer: FSP-nommer 43599.

Die oogmerk van die onderneming is om ’n korttermyn versekeringsmakelaarsdiens aan kliënte op ’n professionele grondslag te lewer. Kasfin het alreeds kontrakte met verskeie bestaande korttermyn versekeringsmaatskappye gesluit om as makelaar op te tree.

Wanneer u ’n kliënt van Kasfin is, sal u die vreugde en gemoedsrus ervaar wat gepaard gaan met die wete dat u slegs in Afrikaans deur volksgenote bedien gaan word.  Verder word u ook deel van ’n daadwerklike poging om ons volksekonomie te bou en te vestig tot ons eie voordeel.

Die personeel van Kasfin, Jackie Hoffmann, Dolf Buitendach en Riaan van Staden, staan gereed om u van diens te wees.  U kan ons gerus kontak en is welkom om ons te besoek om u behoeftes te bespreek, sodat ons vir u betroubare en bekostigbare korttermyn versekering kan bemiddel.

Ons sien daarna uit om met u te gesels.